10 Februarie 2023 / Gekies om vrug te dra / Johannes 15:16-17

10 Februarie 2023 / Gekies om vrug te dra / Johannes 15:16-17
Photo by Cristy Zinn / Unsplash
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” - 1 Joh. 15:16-17

Die doel van om 'n dissipel van Jesus te wees is nie net om agter Hom aan te stap nie, maar om ook vrug te dra. Dit wat ons van Jesus leer en lees, moet binne in ons werk om 'n verandering te bring - 'n verandering wat uiterlik sigbaar is sodat ander mense kan sien dat ons werklik gered is.