1 Mei / Respekteer ander gelowiges / Kolossense 3:9-11

1 Mei / Respekteer ander gelowiges / Kolossense 3:9-11
Photo by Chichi Onyekanne / Unsplash
En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal. - Kol 3:9-11

Ons moet alle gelowiges respekteer. In Jesus Christus is ons almal een en daar behoort nie onderskeid getref te word tussen verskillende rasse of groepe nie. Wat saak maak is dat ons almal wie geloof in Jesus Christus het, saam Kinders van God is.

Het jy al anderste na party mense gekyk wie Christene is, maar omdat hulle dalk 'n ander kultuur as jy het of in 'n ander deel van die land bly - dalk anders na hulle gekyk?