1 Junie 2023 / Gawes om te dien / 1 Petrus 4:10
10As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. - 1 Pet 4:10
Elkeen in die gemeente het een of ander gawes wat die Here vir ons gee en daardie gawes word gegee om eerstens die liggaam op te bou en te bevorder. Dit word gegee om die liggaam te bedien. Ons fokus moet wees om mede gelowiges in die gemeente te dien en op te bou, volgens die genade gawe wat die Here vir ons gegee het. As dit is om iemand by te staan wie se geloof swak is, maak dan so. As dit is om iemand finansieël te ondersteun, maak so. As dit is om kreatiwiteit op die tafel te sit, maak so.
Wat ookal jou genade gawe is, die Here wil jou gebruik om ander te dien. As jy nie weet wat jou genade gawe is nie, begin net dien en jy sal gou agter kom wat dit is :-) Kyk net na wat die Here seën!