1 min read

1 April – Vertrou sonder beheer

1 April – Vertrou sonder beheer
Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak. - Spreuke 3:5–6 (AFR20)

Ons wil graag beheer hê oor ons lewens, maar God vra dat ons op Hom moet vertrou met ons hele hart. Ware vertroue beteken om nie net op eie insig staat te maak nie, maar God toe te laat om ons pad reguit te maak.

Wanneer ons op ons eie insigte staat maak, dan sê ons eintlik dat ons beter weet en nie die Here nodig het nie. Hy sien die toekoms en alle faktore - ons moet Hom ken in ons besluite en wat ons doen en dan kan ons met geloof vorentoe beweeg en vertrou dat ons op die regte pad gaan loop.

Om nie op my eie insigte staat te maak - beteken nie dat ek nie moet probeer insig hê nie. Dit beteken net dat ek die Here vra vir wysheid en dan maak ek die besluit en begin vorentoe beweeg. Die Bybel sê God sal ons pad reguit maak. Dit sê nie Hy gaan vir ons alles wat voorlê wys nie, maar ek kan myself berus dat al maak ek die verkeerde besluit, as ek die Here ken in die proses sal ek wel op die regte plek opeindig.