10 Augustus / Maak 'n lysie
Maak 'n lysie van al die opdragte wat jy aan kan dink wat Jesus vir ons gee om uit te voer. Top 'n bietjie daaraan en doen 'n bietjie self-evaluasie.
9 Augustus / Gehoorsaamheid 'n teken van liefde / Johannes 14:21
Hierdie vers kan maklik 'n taai toffie wees om aan te kou. Jesus maak dit duidelik,. as jy Hom lief het, dan sal jy Sy opdragte uit voer.
8 Augustus / 1 Johannes 3:14 / Liefde
Johannes stel baie uitdruklik dat as ons nie ander lief het nie, dan is ons nog dood; ons is geestelik dood en nie werklik gered nie.
7 Augustus / Johannes 13:35 / Liefde
Een van die mees kenmerkende faktore, inteendeel, dié kenmerk dat ons Kinders van God is, is die sigbare liefde wat ons vir mekaar het.
6 Augustus / Johannes 13:34 / Liefde
Wanneer gelowiges mekaar lief het en ondersteun, dan help dit om mekaar deur moeilike tye en omstandighede te dra.
5 Augustus / 1 Korintiërs 13:4-7 / Liefde
Hierdie is 'n baie bekende vers wat gereeld aangehaal word veral by troues, maar tog vergeet ons so maklik wat hierdie vers sê en wat dit eintlik van ons vereis.
4 Augustus / Johannes 3:16 / Liefde
Hierdie is 'n baie bekende vers wie baie mense ken; selfs nie-gelowiges ken hierdie vers... maar ken jy die verse wat daarop volg? Die verse wat na vers 16 volg is so kragtig en tog kan meeste mense wie ek teëkom dit nie op sê nie.
3 Augustus / Lukas 6:27 / Liefde
Jesus begin en sê jy moet jou vyande lief hê. Daar is 'n term of 'n woord waaroor ek mal is en dit is "kontra-kultuur"; bedoelende iets wat in kontras met die gewone kultaar van die tyd of mens se natuurlike neiging is.
2 Augustus / Markus 12:29-30 / Liefde
Die Skrifgeleerde kom na Jesus toe en vra vir Hom watter gebod is die heel belangrikste. Dit blyk nie asof hy Jesus probeer uit vang nie, maar dat hy weens hul "tradisie" van redenering oor die belangrikste gebod regtig belangstel wat Jesus dalk dink of te sê het.
1 Augustus / Matteus 3:17 / Liefde
Ek probeer my in dink hoe ongelooflik dit moes wees om daar teenwoordig te wees en dit te hoor en sien gebeur. Hoe kosbaar!