31 Januarie – Gebed vir die jaar
God waak oor jou gaan en kom. Die hele jaar lê veilig in Sy hande.
30 Januarie – Toewyding vra volharding
Getrouheid oor tyd bring vrug. Moenie moed verloor nie. Die lewe is 'n wedloop, wanneer jy 'n marathon moet hardloop dan moet jy dit teen 'n gemaklike tempo hardloop.
29 Januarie – God is my rigting
Jesus wys nie net die pad nie – Hy ís die pad.
28 Januarie – Hoop vir die pad vorentoe
God is die bron van ware hoop. Hy vul ons met vreugde en vrede. Om baie hoop te hê, moet ons baie van Hom hê!
25 Januarie – God lei my tree
God bevestig die pad van dié wat Hom vertrou. Hy lei elke tree.
24 Januarie – Kies wat saak maak
Nie alles is ewe belangrik nie. Hier is twee situasies... die een is dat daar werk is wat gedoen moet word in die huis, maar Maria kies om met Jesus tyd te spandeer en te gesels in plaas daarvan om te help huis skoonmaak.
23 Januarie – Fokus bring vrede
Wat ons gedagtes vul, beïnvloed ons vrede. God roep ons om te fokus op wat goed is.
22 Januarie – My lewe onder Sy leiding
Die hart van 'n mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal sy voetstappe. - Spreuke 16:9 (AFR20)
21 Januarie – God is reeds daar
Waarheen jy ook al gaan, God is reeds daar. Jy is nooit alleen nie.
20 Januarie – Begin weer
God se genade is elke oggend nuut. Jy kry altyd weer ’n kans om oor te begin. Sy genade is oneindig, omdat Hy getrou is.