28 Junie / Hebreërs 12:14 / Vrede
Ons moet ywer om met alle mense in vrede te lewe en saam met dit moet ons ook heilig lewe; anders sal mense nie die Here in ons lewe sien nie.
27 Junie / 2 Timoteus 2:22 / Vrede
Paulus maak duidelik dat terwyl Timoteus valse leringe moet bestry, moet hy homself weerhou om betrokke te raak met dwase en sinlose strydvrae.
26 Junie / Kolossense 3:15 / Vrede
Gelowiges moet die vrede van Christus toelaat om in ons hul harte te regeer, sodat daar vrede kan wees in hul inter-persoonlike verhoudings.
25 Junie / Filippense 4:7 / Vrede
Hierdie vrede bewaar ons harte en gedagtes, dit beskerm as t'ware ons gemoed en gee vir ons die vermoë om vrede te hê ten spyte van ons omstandighede.
24 Junie / Efesiërs 4:3 / Vrede
Daar is hopeloos te veel onenigheid tussen Christene omdat ons nie mekaar kan verdra en ruimte maak vir mekaar om te verskil nie... Die koninkryk wen nie, vind nie baat daarby nie, wanneer ons nie in vrede kan saamwerk nie.
23 Junie / Efesiërs 2:13-14 / Vrede
Hoe kosbaar om te weet dat ons een is met Christus! Deur Jesus Christus kan ons tot God, ons Vader nader. Ons hoef nie God te soek nie, Hy is nie vêr nie, maar naby ons.
22 Junie / Galasiërs 5:22-23 / Vrede
As ons wedergebore is dan leef die Gees van God binne in ons en die Heilige Gees bring laat die vrug van die Gees in my lewe groei.
21 Junie / 2 Korintiërs 13:11 / Vrede
Partykeer wil ons nie vermaning aanvaar nie, maar vermaning is nodig om te kan groei, te kan leer en om in vrede te kan lewe.
20 Junie / Romeine 14:17-19 / Vrede
Wanneer ons gehoorsaam aan God lewe, dan gee die Heilige Gees vir ons vrede en vreugde. Partykeer sukkel mense om vrede te kry in hul lewe en verhoudings, en hulle wonder hoekom daar heeltyd rusie in hul verhoudings en lewens is...
19 Junie / Romeine 8:6 / Vrede
Jy moet jou gedagtes rig op die Woord van God, op dit wat vir Hom belangrik is en die Heilige Gees toelaat om jou beheer te neem oor jou gedagtes.