liefde 7 Augustus / Johannes 13:35 / Liefde Een van die mees kenmerkende faktore, inteendeel, dié kenmerk dat ons Kinders van God is, is die sigbare liefde wat ons vir mekaar het.
liefde 6 Augustus / Johannes 13:34 / Liefde Wanneer gelowiges mekaar lief het en ondersteun, dan help dit om mekaar deur moeilike tye en omstandighede te dra.
liefde 5 Augustus / 1 Korintiërs 13:4-7 / Liefde Hierdie is 'n baie bekende vers wat gereeld aangehaal word veral by troues, maar tog vergeet ons so maklik wat hierdie vers sê en wat dit eintlik van ons vereis.
liefde 4 Augustus / Johannes 3:16 / Liefde Hierdie is 'n baie bekende vers wie baie mense ken; selfs nie-gelowiges ken hierdie vers... maar ken jy die verse wat daarop volg? Die verse wat na vers 16 volg is so kragtig en tog kan meeste mense wie ek teëkom dit nie op sê nie.
liefde 3 Augustus / Lukas 6:27 / Liefde Jesus begin en sê jy moet jou vyande lief hê. Daar is 'n term of 'n woord waaroor ek mal is en dit is "kontra-kultuur"; bedoelende iets wat in kontras met die gewone kultaar van die tyd of mens se natuurlike neiging is.
liefde 2 Augustus / Markus 12:29-30 / Liefde Die Skrifgeleerde kom na Jesus toe en vra vir Hom watter gebod is die heel belangrikste. Dit blyk nie asof hy Jesus probeer uit vang nie, maar dat hy weens hul "tradisie" van redenering oor die belangrikste gebod regtig belangstel wat Jesus dalk dink of te sê het.
liefde 1 Augustus / Matteus 3:17 / Liefde Ek probeer my in dink hoe ongelooflik dit moes wees om daar teenwoordig te wees en dit te hoor en sien gebeur. Hoe kosbaar!
liefde 31 Julie / Miga 6:8 / Liefde God soek 'n verhouding met ons, dat ons Hom sal dien omdat ons Hom graag wil dien en nie omdat dit 'n las is wat Hy op ons plaas nie.
liefde 30 Julie / Psalm 86:14 / Liefde God se liefde gaan gepaard met Sy barmhartigheid, genade, lankmoedigheid en trou. Hierdie eienskappy komplimenteer mekaar.
liefde 29 Julie / Deuteronomium 6:4-5 / Liefde Die doel of uiteinde daarvan is dat Israel God moet lief hê met hul hele wese. Hart, siel en krag.
liefde 28 Julie / 'n Nuwe Tema / Liefde Is jy lief vir mense? Hoe lief jy die mense in jou lewe het, word getoon deur hoe maklike n vinnig jy hulle kan vergewe en verby hul foute kyk.
vergifnis 27 Julie / Lukas 23:34 / Vergifnis Hoe treë ek en jy op in "ons laaste oomblikke"? Wanneer ons frustreerd, moeg, kwaad of uitgeput is... wanneer ons op ons laaste is... het jy dan steeds die kapasiteit of vermoë om ander te vergewe?
vergifnis 26 Julie / Psalm 25:11 / Vergifnis Ons weet dat God getrou is en ons sondes vergewe (1 Jn. 1:9), maar wat vir my uitstaan is dat Dawid God smeek. Die dui aan dat Dawid 'n verhouding met God het en die verhouding skoon wil hou.
vergifnis 25 Julie / Matteus 18:35 / Vergifnis Jesus waarsku ons dat dieselfde met ons sal gebeur as ons, wie al ons sondes in geloof vergewe is, nie dieselfde vergifnis aan ander toon nie.
vergifnis 24 Julie / Nehemia 9:17 / Vergifnis Al draai ons ons rug op God, draai Hy nie Sy rug op ons nie. God is lankmoedig, genadig en barmhartig. Alles wat Hy doen, doen Hy uit liefde.
vergifnis 23 Julie / Daniel 9:8 / Vergifnis God is 'n regverdige God en Hy moet sonde straf. Daniel erken dat die teëspoed en ellende wat hulle oorgekom het, het hulle oor hulself gebring omdat hulle ongehoorsaam was aan God en dat hulle dit verdien.
vergifnis 22 Julie / Psalm 65:3b-4 / Vergifnis Ek is totaal en al verlore in my sonde, maar weens God se genade en barmhartigheid, is Hy die een wat my van my sonde vry maak.
vergifnis Featured 21 Julie / Lukas 6:37 / Vergifnis Om iemand te vergewe, beteken om iemand vry te spreek. 'n Ou vriend het eendag lang terug verduidelik dat vergifnis beteken om nie wraak te neem wanneer jy die geleentheid kry nie.
vergifnis 20 Julie / Kolossense 3:12-13 / Vergifnis Die opdrag is eenvoudig, soos die Here ons vergewe het, so moet ons mekaar vergewe. Hoe het die Here jou vergewe?
vergifnis 19 Julie / Kolossense 2:13 / Vergifnis Partykeer struikel ek steeds en sondig ek weer teen U, maar ek prys U Heer, omdat ek weet U bly getrou, selfs wanneer ek nie getrou is nie.
vergifnis 18 Julie / Efesiërs 4:32 / Vergifnis Om iemand goedgesind te wees en om hartlik te wees, is nie iets wat aangeplak kan word nie.
vergifnis 17 Julie / Hebreërs 9:22 / Vergifnis Dit was nodig vir Jesus om aan die kruis te sterf en Hy moes werklik gesterf het anders is die "offer" nie volkome of voldoende nie.
vergifnis 16 Julie / Efesiërs 1:7-8 / Vergifnis God se genade is ryk en word aan ons oorvloedig geskenk. Dink 'n bietjie daaroor... God skenk aan ons genade in oorvloed. Hoe voel dit? Hoe beleef ek dit? Is ek bewus daarvan?
vergifnis 15 Julie / Handelinge 13:38-39 / Vergifnis Dankie Here dat ek nie hoef staat te maak op my eie werke of vermoë om by U geregverdig te word nie, maar dat ek deur my geloof en vertroue in Jesus Christus vergifnis kan kry en voor u geregverdig verklaar kan word.
vergifnis 14 Julie / Handelinge 2:38 / Vergifnis Saam met leringe en teologie, moet daar aksie ook gepaard gaan. Mense moet kan toepas dit wat ons vir hulle leer.