'n Verlosser Gebore (2025/12/25)
📖 "Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!" - Lukas 2:11 AFR83
Die aankondiging dat Christus gebore is, was 'n groot blydskap gewees (v. 10) vir die Volk. Die woord blydskap (chara) word gereeld in Lukas met verlossing vereenselwig. Wanneer ons Christus verkondig, moet dit met groot blydskap gedoen word, want dit is inderdaad goeie nuus!
Oordenking:
Dink terug na toe jy tot bekering gekom het en jou geloof in Jesus Christus geplaas het. Was dit 'n groot oomblik van vreugde? Koester jy nogsteeds daardie selfde vreugde vir wat die Here vir jou gedoen het?
Gebed:
Dankie Vader vir 'n dag soos vandag, waar ek kan stilstaan en myself herinner aan die kosbare werk wat U begin het toe U Jesus Christus na die aarde toe gestuur het om die verlossingsplan in werking te stel. Help my om opnuut opgewonde te wees wanneer ek dink aan my verlossing en ook aan my Verlosser. Amen.