Kortliks Nuusbrief op WhatsApp

Kortliks Nuusbrief op WhatsApp
Photo by Mika Baumeister / Unsplash

Ek het 'n hele paar versoeke gehad om Kortliks se daaglikse artikels / skakels op WhatsApp uit te stuur.

Ek gaan dit probeer en my bes doen om dit elke oggend vroeg reg te kry, maar dit gaan 'n toetslopie wees.

Jy kan hier kliek om by die Kortliks WhatsApp groep aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/E4TD0rBW2Ef0ozMKUf9JXJ

Die WhatsApp groep is nie daar vir kletsery nie en net die admins kan die artikels plaas. Die voordeel hiervan is dat jy die artikel dadelik met iemand kan deel, sou jy wou.

Dit is ongelukkig 'n "manual process" en WhatsApp boodskappe kan ek nie skeduleer nie, daarom sal dit in die oggende nie noodwendig op dieselfde tyd deur kom nie. (Dalk eendag as ek baie fondse het en my eie Kortliks WhatsApp platform kan bou, dan sal dit dalk moontlik wees :-P )