Welkom by Kortliks!
Hierdie is Kortliks, 'n splinter nuwe blog met 'n daaglikse Bybelvers vir die dag aangebied deur die einste ekke, Riaan le Roux! :)
Ek is die aanlyn en "tech" of media predikant by Tygerberg Gesinskerk (www.gesinskerk.co.za) en saam met my is ds Johan Delport (ons hoof leraar) en ds Chris Heunis (leraar en berader) ook deel van die span.
Kortliks is 'n een van my aanlyn bedienings waarmee ek beoog om elke dag 'n Bybelvers te deel en kortliks 'n gedagte of ietsie persoonliks met jou te deel met die oog om jou te bemoedig of om vir jou ietsie te gee om aan te kou.
Ons beoog om Kortliks op 3 media beskikbaar te plaas, eerstens as 'n nuusbrief hier by www.kortliks.co.za en dan die volgende stap is 'n kort video daagliks op ons gemeente se YouTube kanaal. Daar is ook 'n potgooi beskikbaar by www.anchor.fm/kortliks. (Die podcast en videos is nog oppad, so byt vas!)
Wil jy graag elke oggend wakker word met 'n Bybelvers en 'n kortlikse oordenking in jou inbox?
Subscribe gerus vir 'n daaglikse e-pos om 05:00 met 'n Bybelvers en 'n skakel na ons nuutste potgooi en YouTube video toe.