9 Oktober / Dis 'n Vrug / Galasiërs 5:22-23

9 Oktober / Dis 'n Vrug / Galasiërs 5:22-23
Photo by Mae Mu / Unsplash
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. - Gal. 5:22-23

Die Vrug van die Gees is die uiterlike maatstaf vir hoe geestelik volwasse 'n gelowige is. Dit is moontlik natuurlik vir iemand wat ongered is om hierdie eienskappe in hul lewe te hê, maar dis eintlik ononderhandelbaar dat 'n kind van God hierdie eienskappe werklik BEHOORT te hê!

Party eienskappe sal dalk sterker in ons lewens wees as ander, maar die Heilige Gees werk deur ons dat al hierdie eienskappe of vrug, ten volle moet ryp word. Selfbeheersing is een van hulle.

As ek na hierdie lys kyk is die twee waarmee ek dalk die meeste sukkel, geduld en selfbeheersing. Ek pas geduld en selfbeheersing op baie areas in my lewe toe, maar nog nie ORALS nie en dit is waar my uitdaging lê.

Dink 'n bietjie

Wat is jou area waarmee jy sukkel? Hoe kan jy toegee dat die Heilige Gees daardie vrug meer na vore bring in jou lewe?