9 November / Lei deur te dien / Matteus 20:26-28

9 November / Lei deur te dien / Matteus 20:26-28
Photo by Ismael Paramo / Unsplash
Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” - Matt. 20:26-28

'n Dissipel moet ander dien en nie sy eie belange en begeertes of agenda eerste plaas nie. Al is Jesus ons Here en Koning, het Hy steeds die mense gedien en Sy lewe gegee.

Wat dink jy kan ons vanuit hierdie beginsel leer en in die werksplek toepas?

Laat my weet, wat dink jy? Dink vanuit die oogpunt van 'n baas; hoe kan jy hierdie beginsel in jou werk of besigheid toe pas? As jy nie 'n baas is nie, verbeel jou jy is een en laat my weet wat jy sou doen...