1 min read

9 Maart – Hoop teen hoop

9 Maart – Hoop teen hoop
Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.” - Romeine 4:18 (AFR83)

Oordenking:

Ware hoop rus nie op omstandighede nie, maar op God se beloftes. Abraham kon na sy omstandighede kyk en begin twyfel in God se belofte, maar hy het vas gehou in geloof aan God se belofte.

Vraag / Uitdaging:

Sukkel jy tans om hoop te hê omdat jy in jou omstandighede vas kyk?

Gebed:

Here, vul my met hoop waar my eie hoop min raak. Help my om vas te hou aan U beloftes. Amen.