8 September / Wat behels liefde vir God? / Josua 22:5
Jesus het die wet opgesom as liefde vir God en liefde vir jou naaste.
Sorg net dat julle die gebod en die wet wat Moses die dienaar van die Here julle opgelê het, getrou onderhou, naamlik om die Here julle God lief te hê en volgens sy wil te lewe, sy gebooie te onderhou, aan Hom getrou te bly en Hom met julle hele hart en siel te dien.” - Jos. 22:5
Jesus het die wet opgesom as liefde vir God en liefde vir jou naaste. Hier gee Josua opdrag dat die wet van Moses onderhou moet word en Hy kwalifiseer wat dit beteken:
- God lief te hê,
- Volgens God se wil te lewe,
- God se gebooie te gehoorsaam,
- Getrou te bly teenoor God en
- God te dien met hele hart en siel.
Dit klink taamlik eenvoudig né? Of hoe? Wanneer ons die bogenoemde doen, dan sal al die ander dinge in plek val. Liefde is sentraal, want sonder liefde as dryf krag sal dit moeilik wees om die bogenoemde te wil doen en selfs moeilik om goed te wil doen aan ander mense.