8 Oktober / Teregwysing is Goed! / Job 5:17

8 Oktober / Teregwysing is Goed! / Job 5:17
Photo by Brett Jordan / Unsplash
Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word. Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie. - Job 5:17

Selfbeheersing en dissipline gaan redelik hand-in-hand. Wanneer God ons teregwys, is dit goed vir ons. Dit is tot ons voordeel, want dit help ons om te verbeter daar waar ons fouteer. Partykeer is dit deur die Woord wat ons tereggewys word, ander keer kla die Heilige Gees ons gewete aan of die Here gebruik dalk iemand naby aan ons om ons tereg te wys. Dalk is dit ook deur die nagevolge dat ons tereggewys word.

Om regtig te leer vanuit die teregwysing proses, is dit belangrik om nie die teregwysing te verontagsaam nie, anders vee ons onsself daaraan af en ons neem niks in nie.

Ja, wanneer ons tereggewys word is dit nie lekker nie, maar dit is tot ons voordeel om te leer en te groei.