8 November / Een vir die baas / Efesiërs 6:9
En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie. - Ef. 6:9
In die Nuwe Testament word daar baie gesê oor hoe slawe moet optreë teenoor hul eienaars en hoe die eienaars hul slawe behoort te behandel.
Vandag het ons nie meer slawerny nie, maar wanneer ons kyk na die eienskappe en verhouding van 'n slaaf en eienaar, dan is dit baie dieselfde tipe verhouding tussen die werkgewer en werknemer.
Hierso stipuleer Paulus dat die eienaars moet onthou dat hul slawe, wie gelowig is, hul broers in Christus is en dat hulle hul moet reg behandel. As 'n baas of werkgewer, moet jy altyd in gedagte hou dat jou werknemers moontlik kinders van die Here kan wees en dat hoe jy hulle behandel moet altyd getuig van liefde en van jou verhouding met die Here.
Jou werknemers moet 'n goeie verslag van jou kan gee as 'n gelowige baas of werkgewer met 'n goeie getuienis.
Dink 'n bietjie
As jy al iemand gehad het wat vir jou werk: hoe het jy teenoor hulle opgetreë? Sal hulle 'n goeie getuienis van jou hê?