1 min read

8 Maart – God is naby die gebrokenes

8 Maart – God is naby die gebrokenes
Die Here is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy. - Psalms 34:19 (AFR20)

Oordenking:

Het jy al 'n oomblik gehad waar jy so gebroke is en jou gees verpletter is? Dit voel nie altyd so nie, maar in sulke tye is God naby ons en Sy krag is teenwoordig. Daar was tye in my lewe waar my gees gebreek was en ek kan net vir die Here dankie sê dat in my stukkendheid - Hy my bewus gemaak het van Sy teenwoordigheid.

Vraag / Uitdaging:

Hoe kan jy jouself herinner dat God naby is in jou gebroke situasie?

Gebed:

Here, maak my asseblief bewus dat U naby is in my gebrokenheid. Wees my krag waar ek swak voel. Amen.