8 Januarie 2023 / Toon eerbied aan jou vriende / Romeine 12:10
Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. - Rom. 12:10
Vriende moet nie net mekaar lief hê nie, maar moet die ander hoër ag as hulself. Verbeel jou hoe kosbaar jou vriendskappe en verhoudings sal wees as elke persoon se ingesteldheid is om die ander persoon hoog te ag en met liefde op die hande te dra. Sal dit nie 'n kosbare kring vriende wees nie?