8 Augustus / 1 Johannes 3:14 / Liefde
Johannes stel baie uitdruklik dat as ons nie ander lief het nie, dan is ons nog dood; ons is geestelik dood en nie werklik gered nie.
Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood. - 1 Johannes 3:14
Johannes stel baie uitdruklik dat as ons nie ander lief het nie, dan is ons nog dood; ons is geestelik dood en nie werklik gered nie. Iemand wie gered is, word in Jesus Christus lewend gemaak deur die Heilige Gees.
As ek meen dat ek 'n Kind van God is en die ewige lewe eendag sal hê saam met die Vader, dan moet ek liefde hê vir my mede gelowiges. As ek nie my mede gelowiges kan lief hê nie, dan is ek in 'n gevaarlike posisie waar ek dalk dink dat ek gered is, maar eintlik is ek nie.
Gebed
Dankie Here dat U my so lief het, dat U vir my gesterf het. Help my om almal om my lief te hê, sodat wanneer ek praat my woorde met liefde gelaai is; dat my aksies gedryf word deur liefde en dat my denke en hoe ek na ander mense kyk ook altyd deur 'n bril van liefde sal wees. Ek wil 'n lewende getuienis wees vir U. Amen.