7 September / 'n Vol Lewe / Prediker 21:21

Wat beteken dit om 'n lewe van liefde en regverdigheid na te streef?

7 September / 'n Vol Lewe / Prediker 21:21
Photo by Brett Jordan / Unsplash
Wie na reg en liefde strewe, aan hom word ’n vol lewe en eer geskenk. - Pr. 21:21

Wanneer ons 'n lewe van regverdigheid en liefde leef, dan pluk ons die vrug daarvan. Wat is hierdie vrug? 'n Vol lewe en eer. Ek weet nie van jou nie, maar om 'n vol lewe te kan leef behoort een van ons mikpunte te wees in hierdie lewe. Daardie vol lewe kan net vir ons deur God gegee word, wanneer ons reg en liefde na-strewe.

Oordenking

Wat beteken dit om 'n lewe van liefde en regverdigheid na te streef? Hoe lyk dit in praktyk? Dink aan jou eie lewe... kan jy die regverdigheid en liefde identifiseer en in oefening sit?