7 November / Jy moet 'n plan hê / Spreuke 16:3
Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk. - Spr. 16:3
Spreuke het baie te sê oor die luiaard en slegte persoon wie nie hard werk nie, wie nie beplan nie en wie nie verantwoordelik of wys op treë nie.
Hier lees ons dat wat ook al ons doen, moet ons aan die Here oorlaat. Dit beteken nie dat ons niks moet doen nie of dat die Here elke keer vir ons moet help met 'n bonatuurlike aanduiding vir die pad vorentoe nie. Wat hierdie beteken is dat ons moet 'n plan hê, ons moet tot die beste van ons vermoë reg doen en dan op die Here vertrou vir die res.
Ons kan net soveel doen binne ons eie vermoë en dan moet ons vertrou dat die Here vir ons sal help en leiding gee. Let op die vers sê, "laat wat jy doen"... as jy nie iets doen nie, het jy nie iets om aan die Here oor te laat nie.
Te veel mense is vasgevang deur vrees en onsekerheid; dan sukkel hulle om besluite te neem of hulle neem nie eers die eerste treë nie.
Dink aan 'n groot skip of 'n fiets. 'n Groot skip kan nie stuur, as dit nie vorentoe beweeg nie. God kan die stuur van my en jou lewe en werk links en regs probeer draai, maar as ons stil staan en nie beweeg nie, kan ons nie in die regte rigting gestuur word nie. Dieselfde met 'n fiets: God hou die fiets se handvatsels vas, maar as jy nie trap nie, gaan jy omval.
Die geheim lê daarin dat ons nie alles hoef uit te figure voor die tyd nie. Vra advies, bid en vra vir wysheid, vra 'n mentor of twee en dan maak jy 'n besluit. Al is dit die verkeerde besluit, maak dit nie saak nie - maar 'n besluit moet jy maak. Dan vertrou jy dat God in Sy almagtigheid en soewereiniteit jou op die regte pad sal laat op eindig.