7 Januarie 2023 / Bou mekaar op / 1 Tessalonisense 5:11

7 Januarie 2023 / Bou mekaar op / 1 Tessalonisense 5:11
Photo by Ashkan Forouzani / Unsplash
Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen. - 1 Tess. 5:11

Vriendskap is 'n geskenk van God en iets wat ons nie vanselfsprekend moet neem nie. Dit is ons voorreg om ons vriende te kan bemoedig en te kan ondersteun.

Partykeer het ons ondersteuning en bemoediging nodig, maar dan weet ons vriende dit nie omdat ons nie met hulle oop en eerlik is oor wat in ons lewens aan gaan nie. Dit kan 'n baie eensame pad wees om alleen deur moeilike omstandighede te moet werk sonder enige hulp of bemoediging. Party mense is baie privaat en maak ook nie maklik oop teenoor ander nie, maar wanneer hulle doen moet ons alles in ons vermoë doen om daardie vertroue te beskerm en om ons vriend te beskerm en by te staan.