6 November / Resep vir sukses / 2 Timoteus 2:6
Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste ’n deel van die oes te kry. Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan. - 2 Tim. 2:6
As ons die verse voor hierdie een lees dan sien ons Paulus is besig om 'n resep te gee vir sukses. Hy gebruik drie illustrasies: eers die soldaat, dan die atleet en die boer.
Die ywerige soldaat stel sy bevelvoerder tevrede , 'n ywerige atleet wen die wedstryd en 'n ywerige boer kry die voorreg om eerste van sy oes te geniet. Om sukses te behaal kry ons dit reg deur dissipline (cf. 2 Tim. 1:7), harde werk en vlym skerp fokus toe te pas in ons werk en om dit met ywer aan te pak.