6 Januarie 2023 / Goeie raad / Spreuke 27:9
Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry. - Spr. 27:9
'n Vriend se eerlike en goeie raad is soos 'n soet reuk. Wanneer 'n vriend vir jou egte raad gee, kom dit vanuit 'n posisie van liefde en dit wys dat hulle omgee.
Het jy goeie vriende om jou sodat jy goeie raad kan kry? Bied jy eerlike en goeie raad aan vir jou vriende wat vir hulle ook 'n soet reuk is?
Dis moontlik om raad te gee vir jou vriende, wat alles behalwe 'n soet reuk af gee... hoe ons raad aanbied, bepaal of dit opbouend en "soet" sal wees vir die vriend vir wie ons dit gee.