6 Augustus / Johannes 13:34 / Liefde
Wanneer gelowiges mekaar lief het en ondersteun, dan help dit om mekaar deur moeilike tye en omstandighede te dra.
Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. - Joh. 13:34
Jesus gee vir die 11 dissipels 'n "nuwe" gebod. Hierdie gebod is nuut, in die sin van dat dit spesiaal is... Soos Jesus hulle lief gehad het, so moes hulle mekaar ook lief hê. Jesus het hulle lief gehad met 'n opofferende liefde... Wanneer gelowiges mekaar lief het en ondersteun, dan help dit om mekaar deur moeilike tye en omstandighede te dra.
Soos Jesus ons lief het, so moet ek ander lief hê.
Dink 'n bietjie
Hoe het Jesus jou lief? Wat behels daardie liefde? Het jy daardie tipe liefde vir ander om jou?
Môre kyk ons na die tweede deel wat volg op hierdie vers.