5 September / Liefde nog altyd / Psalm 25:6
God se liefde was daar nog voor die skepping van die aarde. God is liefde.
Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het. - Ps. 25:6
God se liefde is deur die eeue bekend en nie iets nuuts nie. Daarom verwys Dawid daarna terwyl hy die Here vra om hom genadig te wees en om sy sondes te vergewe.
God se liefde was daar nog voor die skepping van die aarde. God is liefde. Ons moet onthou en weet dat alles wat God doen, spruit uit liefde uit. Dit is moeilik om dit altyd te verstaan of te wil aanvaar, maar net soos ons ouers wie ons tugtig wanneer ons verkeerd doen of ons partykeer deur swaar of moeilike tye gaan - dit word gedoen vanuit 'n posisie van liefde, want hul wil die beste vir jou hê.
Hoeveel te meer wil God nie vir jou hê nie?