5 November / Staan op en werk / Spreuke 6:10-11

5 November / Staan op en werk / Spreuke 6:10-11
Photo by Simon Infanger / Unsplash
Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou soos ’n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos ’n inbreker. – Spr. 6:10-11

Salomo moedig die luiaard aan om op te staan en te begin werk, anders oorval die armoede hom baie skielik en onverwags.

Om nou en dan bietjie lyf weg te steek, gaan jou nie dalk benadeel nie... maar om gedurig leeg te lê sal maak dat jy gou die resultaat daarvan in jou lewe sien.