5 Maart – Wag sonder antwoorde
Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die Here. - Klaagliedere 3:26 (AFR20)
Oordenking:
Wag vra geduld en oorgawe. God werk ook in wagtye. Dit is nie maklik of lekker nie, maar dit is soms baie nodig.
Vraag / Uitdaging:
Waar word jy gevra om te wag?
Gebed:
Here, leer my om stil te wag op U. Help my om nie moedeloos te raak in hierdie wagtyd nie. Amen.