5 Februarie – Vergifnis wat seermaak
Vergifnis is nie maklik nie, maar dit bevry. God vra ons om te vergewe soos Hy ons vergewe het.
Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in Christus julle ook vergewe het. - Efesiërs 4:32 (AFR20)
Oordenking:
Vergifnis is nie maklik nie, maar dit bevry. God vra ons om te vergewe soos Hy ons vergewe het. Om te vergewe beteken ons hou nie meer boek daarvan nie. Beteken nie ons gaan dit vergeet en nooit weer onthou nie, maar dit beteken ons gaan nie rekenskap eis as ons die geleentheid kry nie. We let it be.
Vraag / Uitdaging:
Is daar iemand wat jy moet vergewe?
Gebed:
Here, ek bring my seer na U toe. Gee my die krag om te vergewe, selfs waar dit pynlik is. Help my om te genees sodat die seer nie elke keer op duik wanneer ek aan die verlede dink nie. Amen.