4 November / Sorg vir jou eie mense / 1 Timoteus 5:8
As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ’n ongelowige. - 1 Tim. 5:8
Sjoe, hierdie is reguit en baie direk van Paulus aan Timoteus. Die konteks gaan oor weduwees wie voor gesorg moet word deur die kerk en deur hul families, wie nie in staat is om meer te werk of weer te trou nie.
Paulus lug uit die feit dat as 'n gelowige, moet ons dade van liefde getuig en daarom moet ons vir ons eie mense en die in ons huisgesin sorg - indien daar iemand is wat swaar kry. Dit is selfs die ongelowige (of heiden) se natuur om vir sy eie mense te sorg - hoeveel te meer behoort die Christen nie ook so te maak nie?