4 Maart – God voel stil
Hoe lank nog, Here ? Gaan U my vir altyd vergeet? Hoe lank nog gaan U u gesig vir my verberg? - Psalms 13:2 (AFR20)
Oordenking:
Daar is tye wanneer God se stilte hard voel. Stilte beteken egter nie afwesigheid nie, maar die gevoel is daar. Dit is dan uiters nodig om aan te hou om Sy aangesig te bly soek en om meer tyd in die Woord en gebed te spandeer.
Vraag / Uitdaging:
Hoe ervaar jy God se stilte tans?
Gebed:
Here, wanneer ek U nie hoor nie, help my om steeds op U te vertrou. Hou my naby, selfs in stilte. Amen.