4 April – Los wat jy vashou
Werp jou las op die Here; Hy sal jou versorg, Hy sal nooit toelaat dat die regverdige wankel nie. - Psalm 55:23 (AFR20)
Probeer jy aan iets vas hou - iets wat jy op jou eie probeer vermag sonder om dit aan die Here oor te laat? Ons almal dra verskillende laste op verskeie tye, maar vir 'n Kind van God is dit nie iets wat ons alleen hoef te dra nie. Inteendeel, ons moet dit heeltemal oorgee aan die Here en terugstaan om op God te vertrou.
Dit is nie maklik om dit wat jy moet hanteer of mee worstel oor te laat aan iemand anders nie - ons wil voel of ons 'n mate van beheer darem het - maar die Here is gelukkig nie iemand anders nie.
Ons kan met volle sekerheid en vertrou op Hom staat maak - dalk moet jy jouself vanoggend weereens daaraan herinner.