31 Julie / Miga 6:8 / Liefde
God soek 'n verhouding met ons, dat ons Hom sal dien omdat ons Hom graag wil dien en nie omdat dit 'n las is wat Hy op ons plaas nie.
Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. - Miga 6:8
Die Volk het gesondig voor God en niks wat hul kon doen, kon genoeg "betaling" wees vir hul sonde nie. Miga weet dit en die Here praat met die Volk deur Miga, en God maak duidelik dat wat Hy van die Volk verwag is nie een of ander ekstreme betaling of daad of ritueel nie, maar 'n goeie gesindheid en verhouding.
God wil nie hê ons moet Hom dien deur ons rituele nie, maar ons moet Hom innerlik dien - van ons binneste af. God verwag van ons om liefde en trou te beoefen en om bedagsaam voor God te lewe. D.w.s. God soek 'n verhouding met ons, dat ons Hom sal dien omdat ons Hom graag wil dien en nie omdat dit 'n las is wat Hy op ons plaas nie.