30 September / Volgende Tema / Efesiërs 5:1-2

30 September / Volgende Tema / Efesiërs 5:1-2
Photo by Debby Hudson / Unsplash
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. - Ef. 5:1–2.

Ons kom tot 'n einde aan die tema van liefde. Daar is nog baie wat gesê kan word, maar alles is net nog 'n manier om liefde te beskryf. Die kern elemente glo ek is al uit gewys. As daar 'n vers is wat ek nie aangeraak het nie, wat dalk 'n baie belangrike of kern element van liefde bevat - deel dit gerus met my!

Die laaste gedagte wat ek met jou wil deel voordat ons oor gaan na 'n nuwe tema is hierdie vers in Efesiërs 5:1-2. As kinders van God, moet ons God se voorbeeld volg en in liefde lewe. Laat alles wat jy doen en dink, deur liefde bepaal word - sodat ons lewens vir God aanneemlik kan wees.

Voorstelle vir 'n nuwe tema?

Dit is tyd vir 'n nuwe tema en ek wil hooe of jy enige voorstelle het?

Ons het al gekyk na:

Laat my weet as jy enige voorstelle het, ek begin Saterdag (1 Oktober) met die nuwe tema.

Die Here seën,
Riaan