30 Oktober / Moet jouself nie vergelyk nie / Galasiërs 6:4

30 Oktober / Moet jouself nie vergelyk nie / Galasiërs 6:4
Photo by Markus Winkler / Unsplash
Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ’n ander te vergelyk. - Gal. 6:4

Elkeen van ons moet ons eie doen en late ondersoek. Paulus praat oor Christene wie mekaar se laste moet dra en om mekaar reg te help wanneer ons val in die een of ander sonde. In die middel van dit sê hy dat ons ons eie doen en late moet ondersoek.

Wat dit beteken is dat ons moet versigtig wees dat ons nie na iemand kyk wat geval het en sukkel nie en dan onsself dalk met hulle vergelyk en begin goed voel oor onsself nie. Nee, ons moet ons eie doen en late ondersoek en evalueër.

Hierdie beginsel kan ons in die werksplek ook toe pas. Dit is maklik om onsself met ander mense in die werksplek te vergelyk. Partykeer dink ons ons is beter as iemand anders wanneer ons dalk ons take beter as hulle verrig; ander kere voel ons sleg wanneer ons dalk nie so goed en so hard soos ander werk nie.

Ondersoek jou eie werk

Dit is belangrik dat ons nie onsself met ander vergelyk nie, maar dat ons eerlik onsself evalueër en onsself af vra: doen ek my werk reg? Gee ek my beste? Waar kan ek verbeter? Kan ek trots wees op myself? Gebruik jouself as 'n maatstaf waarop jy wil verbeter, en moet nie na ander kyk nie.