30 Maart – Ek rus in Hom
Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig. - Psalm 62:6 (AFR20)
Dawid weet dat hy net op God kan vertrou, want mense is onbetroubaar. Mense laat jou in die steek, hulle praat goed van jou, maar innerlik vloek hulle jou. God alleen kan 100% op staat gemaak word en dis net God wat ons kan verlos.
Wanneer ons ons hoop in God plaas en nie in mense nie, dan sal ons nie verbaas wees wanneer mense ons teleurstel nie. Dit moet ons nie ruk of skud nie.
Wees versigtig waar jy jou hoop en vertroue plaas - net God alleen kan vir ons rus gee.