30 Augustus / Liefde en die oordeelsdag / 1 Johannes 4:17
Om in hierdie lewe, in liefde te lewe, is om soos ons Here te lewe. As ons lewe soos ons Here sou lewe, dan hoef ons nie die oordeelsdag te vrees nie.
Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. - 1 Joh. 4:17
Om in hierdie lewe in liefde te lewe is om soos ons Here te lewe. As ons lewe soos ons Here sou lewe, dan hoef ons nie die oordeelsdag te vrees nie. 'n Gelowige gaan nie eendag ge-oordeel word nie omdat ons klaar in Jesus die ewige lewe kry, maar ons gaan wel voor Jesus moet staan en verantwoording doen vir ons lewens.
Mag ons elkeen eendag voor die Here staan sonder enige vrees, omdat ons weet dat ons in liefde deur hierdie lewe gaan!