3 September / Bloedlyn vloeke / Eksodus 20:4-6

Ons lees dat God selfds tot in die duisendste geslag Sy liefde sal toon.

3 September / Bloedlyn vloeke / Eksodus 20:4-6
Photo by Federico Giampieri / Unsplash
“Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. - Eks. 20:4-6

'n Baie bekende vers wat soveel mense al menigte keer aangehaal het, maar wie partykeer die klem van hierdie verse mis. Party haak vas by die gedeelte waar God die derde en vierde geslag straf van die wie Hom haat, en dan bou hulle 'n hele teologie rondom dit.

Die kern van die vers lê egter nie in die straf nie, maar in die liefde van dié wie God liefhet en Sy gebooie gehoorsaam. Ons lees dat God selfs tot in die duisendste geslag Sy liefde sal toon.

Wat ons nog hier uit leer is dat wanneer iemand 'n lewe leef wat God haat en God verwerp, hulle 'n lewe leef wat hul nageslagte nog die vrug op 'n manier sal pluk. Die teendeel is ook waar: dat die wie God lief het, sal vir 'n baie langer tyd die vrug daarvan pluk.

Ek weet nie van jou nie, maar dit klink baie beter om 'n "legacy" te los wat tot die duisendste geslag impak kan hê. Wil jy nie ook so 'n legacy los nie?