3 Oktober / Soos 'n stad sonder 'n muur / Spreuke 25:28

Iemand wie nie selfbeheersing het nie, is so weerloos soos 'n stad sonder 'n muur.

3 Oktober / Soos 'n stad sonder 'n muur / Spreuke 25:28
Photo by Pelayo Arbués / Unsplash
’n Stad sonder ’n muur om hom te beskerm, so weerloos is ’n mens as hy nie selfbeheersing het nie. - Spr. 25:28

'n Stad word veilig gehou deur die muur, wat onheil buite hou en die inwoners beskerm. Sonder 'n muur, is die stad onveilig en kan die stad maklik deur die elemente en vyande bereik word.

Iemand wie nie selfbeheersing het nie, is so weerloos soos 'n stad sonder 'n muur. Selfbeheersing hou ons veilig, dit beskerm ons.

Dink 'n bietjie

Teen watter gevare kan selfbeheersing jou beskerm? Dink aan jou eie lewe en die gevare wat jy in die sig staar as jy nie selfbeheersing toepas nie.