3 November / Werk bring beloning / Spreuke 14:23

3 November / Werk bring beloning / Spreuke 14:23
Photo by Mirko Fabian / Unsplash
Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. - Spr. 14:23

Spreuke hou nie terug nie en het baie te sê oor werk etiek en die verskil tussen dié wie hard werk en wie nie.

Hoeveel keer praat ons van dinge wat ons wil doen, of besigheid plannetjies of ons praat oor dinge wat ons graag wil bereik... maar hoeveel van ons gaan oor in aksie en doen iets daaraan?

Voel jy partykeer dat jy graag iets wil doen of bereik, maar dan het jy net nie die wilkrag of kapasiteit om dit aan te pak nie? Ek weet ek voel partykeer so! Wanneer ek na ander kyk wat die deursettingsvermoë en harde werk in sit dan wens ek dat ek dieselfde kon doen, maar weet jy wat? Die waarheid is ek kan. Dit is dalk net nie so groot 'n prioriteit vir my nie. Daar is ander areas waar ek weer baie harde werk in sit en ek pluk die vrug of die beloning...

Dalk is dit tyd om minder te praat en meer te doen :)