1 min read

3 Februarie – Party mense kan moeilik wees!

Party mense is net moeilik. Hulle kan hulself nie help nie – maar dit vrywaar ons nie om die moeite maak om in vrede met hulle te lewe nie.
3 Februarie – Party mense kan moeilik wees!
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. - Romeine 12:18 (AFR20)

Oordenking:

Party mense is net moeilik. Hulle kan hulself nie help nie – maar dit vrywaar ons nie om die moeite te maak om in vrede met hulle te lewe nie. Dit is nie altyd moontlik om met almal in vrede te leef nie. Partykeer moet 'n mens maar net "Smile, and wave..."

Vraag / Uitdaging:

Is daar enigiemand in jou lewe met wie jy moeilik oor die weg kom, waar jy weet jy nog nie alles probeer het nie?

Gebed:

Here, gee my wysheid en genade in my hantering van moeilike mense. Help my om vrede te soek sonder om my waardes prys te gee. Amen.