3 Augustus / Lukas 6:27 / Liefde

Jesus begin en sê jy moet jou vyande lief hê. Daar is 'n term of 'n woord waaroor ek mal is en dit is "kontra-kultuur"; bedoelende iets wat in kontras met die gewone kultaar van die tyd of mens se natuurlike neiging is.

3 Augustus / Lukas 6:27 / Liefde
Photo by Birmingham Museums Trust / Unsplash
“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word ..." - Lukas 6:27

Jesus gee 'n paar aspekte van wat dit beteken om onvoorwaardelik lief te hê. In die res van Lukas 6, verse 28-35, gee Jesus 'n lys van aksies wat kenmerkend is van iemand wie waarlik regverdig en opreg voor God lewe.

Jesus begin en sê jy moet jou vyande lief hê. Daar is 'n term of 'n woord waaroor ek mal is en dit is "kontra-kultuur"; bedoelende iets wat in kontras met die gewone kultaar van die tyd of mens se natuurlike neiging is. Om jou vyande lief te hê is nie normaal nie, en dus is dit 'n teken van iets waarmee die Here ons help - iets wat eintlik bonatuurlik is omdat dit teen ons menslike natuur of neigings druis.

Jesus noem 7 dinge wat kenmerkend behoort te wees van iemand wie 'n kind van God is:

  1. Wees lief vir jou vyande (v. 27a)
  2. Doen goed aan dié wie jou haat (v. 27b)
  3. Seën die mense wie jou vervloek (v. 28a)
  4. Bid vir dié wie jou sleg behandel (v. 28b)
  5. Moenie wraak neem nie (v. 29a)
  6. Wees vrygewig, gee sonder om terug te hou (v. 29b-30)
  7. Behandel ander soos jy behandel wil word (v. 31)

Doen 'n bietjie self-ondersoek:

As jy na hierdie lys hier bo loer en jy doen 'n bietjie self-ondersoek... hoe vaar jy? Is daar enige aspekte waarmee jy sukkel en wat jy nog nie onder beheer van die Heilige Gees geplaas het nie?

Maak jou oë vir 'n oomblik toe en bid en sê vir die Here dankie vir die areas waar die Heilige Gees heers en wat jy reg kry, maar bid ook en bely die areas waarmee jy sukkel. Vra die Here om jou te help dat jy in al 7 areas 'n getuienis sal wees van die liefde van God wat binne in jou is.