29 Oktober / Werk vir die ewige lewe / Johannes 6:27
Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen. – Joh.6:27
Jesus keur nie luiheid hier goed nie, maar sê dat ons nie TE gefokus moet wees op die werk wat vir ons huidige behoeftes voorsien nie. Ons moet ons fokus plaas op dit wat ewigheidswaarde het.
Die waarskuwing hierin lê daarin dat ons eerste moet fokus op die geestelike dinge, op dit wat nie vergaan nie - d.w.s. Jesus Christus. Ja, ons moet steeds werk, maar dit baat my niks as ek so fokus op my werk, maar ek vergeet van die Here en ek kry nie my Geestelike voedsel in nie.
Matteus 6:33 sê juis dat ons eerste onsself vir die Koninkryk moet beywer, dan sal die res daarna volg - in terme van ons fisiese behoeftes.