29 Maart – God se genade is genoeg
Maar Hy het vir my gesê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my baie liewer op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut. - 2 Korintiërs 12:9 (AFR20)
Die Here het vir Paulus gesê dat Sy genade genoeg is en in Paulus se swakheid, word God se krag volbring. Paulus het 'n doring in die vlees gehad, iets wat die Here gewyer het om weg te vat, sodat dit Paulus "nederig" kan hou as t'ware.
Paulus het besef dat dit goed is, dat dit hom keer om dalk baie van homself te begin dink... wanneer ons sterk is en dit baie goed gaan met ons - dan is ons geneig om te dink ons het nie die Here meer nodig nie en dan vergeet ons van Hom. Dit het keer op keer gebeur met die Israeliete in die geskiedenis.
God se genade is vir ons genoeg - Hy skuld ons niks nie en hoef nie al die swakhede weg te vat nie. Dit is juis in die swakheid, wat ons op Hom kan staatmaak en Sy krag sigbaar gemaak kan word deur ons.
Wat is jou doring in die vlees, waar jy moet staakmaak op God se genade eerder - in plaas daarvan om te vra dat God jou swakheid eerder weg vat?