29 Julie / Deuteronomium 6:4-5 / Liefde

Die doel of uiteinde daarvan is dat Israel God moet lief hê met hul hele wese. Hart, siel en krag.

29 Julie / Deuteronomium 6:4-5 / Liefde
Photo by freestocks / Unsplash
“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. - Deuteronomium 6:4–5.

Hierdie vers roep vir Israel om te "luister", om te weet dat hul God is die enigste God, die Ware God. God is uniek en net Hy alleen is God. Hierdie verklaring en waarheid oor God, moet vir die Israeliete sekuriteit gee. Dit moet vir die Israeliete vrede en standvastigheid gee met die wete dat hulle die ware en enigste God dien.

Die doel of uiteinde daarvan is dat Israel God moet lief hê met hul hele wese. Hart, siel en krag.

Oordenking

Wat beteken dit om God lief te hê met jou hele hart, siel en krag? Dink aan jou eie lewe, wat beteken dit moet jy doen? Wat word van jou verwag? Dis een ding om dit te lees en te weet, maar wat DOEN ek daaromtrent?