29 Augustus / God verwag dit / 1 Johannes 4:11
Ek behoort lief te hê omdat God eerste die voorbeeld gestel het!
Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. - 1 Joh. 4:11
Na aanleiding van 1 Johannes 4:10, maak Paulus 'n gevolgtrekking: omdat God ons so lief het en Sy Seun vir ons sondes gegee het; omdat Hy dit SO vir ons gewys het - verwag God van ons om mekaar lief te hê. Die klem lê op behoort.
Hoeveel dinge behoort ons te doen, maar doen ons nie? Party dinge is meer belangriker en as ons dit nie doen nie, dan is dit dalk nie so 'n groot probleem nie, maar wanneer dit wat ons behoort te doen verwys na iets wat God van ons verwag dan is dit nogals 'n "pretty big deal". Dit is baie belangrik.
Ek en jy behoort mekaar lief te hê, nie net omdat God so sê nie, maar omdat God deur Sy eie aksie gewys het hoe lief Hy vir ons is. Hy het vir ons 'n voorbeeld gestel en ons moet daardie voorbeeld volg!