28 September / Kom jy met 'n slaanding? / 1 Korintiërs 4:21

28 September / Kom jy met 'n slaanding? / 1 Korintiërs 4:21
Photo by Louis Hansel / Unsplash
Wat verkies julle? Moet ek met ’n slaanding na julle toe kom, of in liefde en in ’n gees van vriendelikheid? - 1 Kor. 4:21

Paulus vra vir die gemeente in Korintiërs of hy met 'n slaanding of in liefde moet kom om hulle te korregeer of te dissiplineer.

Dit is interessant hoe ons partykeer mense wil reg help met hul sonde en dan kom ons oor asof ons hulle met 'n slaanding wil reghelp, pleks daarvan dat ons in liefde en vriendelikheid hulle reg help.

Ds Johan het nou die dag iets gesê wat baie waar is, ons is harder op ander mense se sonde as op ons eie sonde. Ons moet hard wees op ons eie sonde en sag wees met ander mense oor hul sonde. Dit beteken nie jy keer dit goed of dat jy nou "af gewater" is nie, maar dit gaan oor die gesindheid waarmee ons ander mense help.