28 Oktober / Werk om weg te kan gee / Efesiërs 4:28

28 Oktober / Werk om weg te kan gee / Efesiërs 4:28
Photo by Jon Tyson / Unsplash
As iemand ’n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee. - Ef. 4:28

Paulus gee opdrag vir riglyne vir 'n nuwe lewe in Christus. Die opdrag is dat diewe moet op hou om te steel en op 'n eerbare manier vir hulself voorsien deur hard te werk.

Die Christen-manier is om hard te werk om vir homself te kan voorsien, maar nie net vir homself nie, maar ook aan ander wat swaar kry en wie behoeftig is. Om te werk het baie voordele: dit voorsien aan ons behoeftes, hou ons besig en uit die kwaad en dit stel ons in staat om ander ook te kan help.

Dit is 'n voorreg wanneer ons in staat is om ander te kan help wat swaar kry en nog meer so wanneer ons hard werk en die vrug van ons harde werk met ander kan deel.