1 min read

28 Maart – Volhard tot die einde

28 Maart – Volhard tot die einde
Maar wie tot die einde volhard, sal gered word. - Matteus 24:13 (AFR20)

Oordenking:

Volharding hou verband met getrouheid tot die einde. Om tot die einde toe te volhard verg uithouvermoë, deursettingsvermoë. Dit is nie maklik nie - maar dit is belowend die moeitewerd! Die Here los ons nie om op ons eie te sukkel en te volhard nie - Hy gee vir ons die Heilige Gees om ons by te staan, te versterk en te bemoedig. Ons moet net bewus wees van Hom en Hom toelaat om deur en in ons te werk.

Vraag / Uitdaging:

Wat voel jy maak dit moeilik om tot die einde te volhard? Of wat laat jou voel dat dit amper onmoontlik is? Wat kan jy doen om 'n kop skuif te maak hieroor?

Gebed:

Here, gee my die krag om getrou te bly tot die einde. Help my om my oë op U gerig te hou en mag U Woord 'n lamp wees vir my voete. Dat ek nie sal afdwaal en moedeloos word nie - maar sal volhard en met oorwinning die wenstreep haal. Amen.